WHEN LIFE HURTS
  • Home
  • When Life Hurts
  • Fees
  • ADHD Parenting
  • Services
  • About
  • Contact
Heelword gebeur die beste wanneer 'n mens jouself in 'n veilige omgewing bevind. Reik uit, soek hulp.

Die verskil tussen “EK WIL” en “EK MOET/BEHOORT”

12/11/2018

0 Comments

 

Vanoggend lê die VROU weer vroegoggend wakker. Dit is haar dink en “uit-figure” tyd.
 
Die afgelope paar dae was interessant, want sy is besig om haar MOEDER te help pak. MOEDER het ʼn huisie in ʼn ander aftree-oord gekoop en sy is (regtig) baie opgewonde om na die nuwe huisie toe te trek.
 
Om te kan trek, moet ʼn mens jou goed in bokse pak en dit is nou waar dit interessant raak. MOEDER sê die hele tyd die woorde: “Ons moet minder maak.” en die vrou hoor: “Ek wil minder maak.” So DIE VROU kyk na al die goed wat ingepak moet word en dink dit is eenvoudig. Al wat MOEDER moet doen is om te besluit waarvan sy hou, wat funksioneel is, wat vir haar mooi is en wat sy graag saam met haar wil neem.
 
Eish, maar dis waar dit ingewikkeld raak, want Moeder kan nie die strandhanddoek van twintig jaar terug (wat nog heel goed is) laat gaan nie. Die kersfeestafeldoek bring trane oor ʼn era wat verby is toe sy, die matriarg, haar kerstafel met kerstafel met groot sorg gedek het.
 
As DIE VROU eerlik is sukkel sy so bietjie met die gesukkel “om te laat gaan”.
 
DIE VROU self het nie ʼn keuse gehad toe sy moes “laat gaan” het nie, want die lewe het haar tot in ʼn baie klein leefruimte ingestoot. Sy het ook met moeite afskeid geneem van haar reeks “Little House on the Prairie” en “Little Women” boeke, wat sy sommer net vir die onthou van kleintyd-lees-saam-met-haar-vriendin, by die tweedehandse boekwinkel gekoop het. Om nie eers te praat van al die ander mooi-goed (en sy hou so baie van mooi-goed) wat sy moes laat gaan nie.
 
Sy verstaan nie MOEDER se gesukkel nie, want MOEDER sê dan die hele tyd dit is wat sy wil doen.
 
Tot vanoggend… Skielik verstaan DIE VROU. MOEDER sê sy MOET minder maak, en haar MOET lê diep in haar onderbewuste, want sy wil nie hê haar kinders moet eendag sukkel om van haar goed ontslae te raak nie. MOEDER WíL nie noodwendig minder maak nie.
 
Die verskil tussen die woorde MOET en WIL is die verskil tussen MAKLIK en MOEILIK, trane en geen trane nie. Dit maak nou nie saak wat die rede is waarom ons dink ons MOET ontslae raak van ons aardse besittings nie, solank dit MOET is en nie WIL nie sukkel ons daarmee. Daarom het die VROU oor tyd geleer om haar EK MOET betyds in EK WIL te verander, want dit maak heelwat minder seer.
 
Maar vandag gaan DIE VROU vir MOEDER toestemming gee om alles in te pak wat sy wil en vir haar verduidelik dat sy net dit wat sy WIL laat gaan hoef te laat gaan.
 
PS. DIE VROU en MOEDER het toe oor die verskil tussen WIL en MOET gesels en MOEDER het skielik verstaan waar haar pyn vandaan kom...
 
---------------------------------------------------------------
NA BAIE SWAARKRY het ek tegnieke aangeleer om DIE SWAAR VAN DIE LEWE MINDER SWAAR TE MAAK. Ek leer graag vir my kliënte hierdie tegnieke. As jy wil leer HOE OM JOU SWAAR MINDER SWAAR TE MAAK, kontak my gerus per e-pos grobler.karin@gmail.com of stuur ‘n Facebook boodskap.

---------------------------------------------------------------

Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Author

    I am a Grief Counselor & Self-care coach.  
    My practice is based in Fish Hoek, Kommetjie area in the Southern Peninsula. I see myself as part of the "caring tribe". People are my passion and I love working with people who value maintaining positive, respectful, loving relationships within boundaries of safety.

    RSS Feed

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • When Life Hurts
  • Fees
  • ADHD Parenting
  • Services
  • About
  • Contact