Ek gebruik die prentjie hier onder om dit vir my kliënte te verduidelik. Maak gerus jou oë toe en visualiseer ʼn denkbeeldige borrel rondom jouself, dit strek so wyd soos wat jy jou arms weerskante van jou lyf kan uitstrek. Visualiseer nou dat die mense in jou lewe ook so ʼn borrel rondom hulle het.
Arbeidsterapeute praat van ʼn proprioseptiewe ruimte wat ons oriënteer ten opsigte van ander voorwerpe in ons omgewing. Yogi’s praat van ʼn energieveld rondom ons wat hulle ʼn Aura noem. ONS MOET VIR ONSSELF ʼn EMOSIONELE BORREL (GRENS) SKEP. WAT IS DIE DOEL VAN ‘N EMOSIONELE BORREL?
KOM ONS GEBRUIK ʼn PRAKTIESE VOORBEELD. As onderwyseres kom die praktyk van ʼn persoonlike borrel my handig te pas. Dit gebeur gereeld in die klaskamer dat ʼn kind ontsteld raak; bv. wanneer hulle, hulle toetsuitslae terugkry en nie hou van die punt wat hulle gekry het nie. Dit kan gepaard gaan met verbale aanvalle na my as onderwyser se kant toe. STAP 1 – Ek neem nie verantwoordelikheid vir die kind se emosies nie, ek laat dit nie in my borrel toe nie. Terselfdertyd gun ek hom sy ontsteltenis omdat hy swak punte gekry het.* Voorheen sou ek redelik ontsteld geraak het oor die onredelike aanklagte teen my, dan sou kwaad by my kom kuier het omdat ek my integriteit as onderwyser probeer beskerm. Dit sou my dan onveilig laat voel het en ek sou waarskynlik wou terugkap (die blaam wou verskuif) met aantygings oor die hoeveelheid wat die kind studeer het. Ek weet egter nou dat net verantwoordelikheid neem vir my eie optrede in die situasie. Ek kan kies om kalm te bly omdat ek verstaan dat die kind se ontsteltenis sy ontsteltenis is en niks met my te doen het nie. STAP 2: Indien ek dit nie regkry om die kind se emosies buite my borrel te hou nie, dan mote ek die situasie verlaat en op ʼn veilige plek (binne in my eie borrel) met die emosies gaan werk. - HOU HIERDIE BLAD DOP VIR VAARDIGHEDE OM BINNE IN JOU BORREL MET MOEILIKE EMOSIES TE WERK – *EK herinner my leerders gereeld aan die emosionele borrel, maar die oomblik van ontsteltenis is nie die tyd om met ʼn leerder daaroor te probeer redeneer nie.
0 Comments
Vanoggend lê die VROU weer vroegoggend wakker. Dit is haar dink en “uit-figure” tyd.
|
AuthorI am a Grief Counselor & Self-care coach. |