WHEN LIFE HURTS
  • Home
  • When Life Hurts
  • Fees
  • ADHD Parenting
  • Services
  • About
  • Contact
Heelword gebeur die beste wanneer 'n mens jouself in 'n veilige omgewing bevind. Reik uit, soek hulp.

VAARDIG VIR DIE LEWE 3: Wees bewus van jou brein se TEFLON eienskap.

3/15/2019

0 Comments

 
Ons is so wonderlik geskape, met ʼn primêre instink om te oorleef, ʼn instink wat ons probeer beskerm teen die herhaling van lewensgevaarlike foute. Dit is waarom negatiewe herinneringe en gebeurtenisse soos Velcro aan ʼn wolkombers aan ons gedagtes vasplak. Ons liasseer dit in ons emosionele brein onder die afdeling “do not repeat” omdat ons ʼn oorweldigende behoefte het om agter te kom wat werk en wat werk nie. Ons probeer om die resep tot die lewe te ontdek.
 
Dit was ʼn baie belangrike vaardigheid in ʼn era toe ons gereeld lewensgevaar in die oë gestaar het, toe wilde diere die menslike spesie se oorlewing bedreig het.
 
Ongelukkig werk hierdie vaardigheid nou in baie gevalle teen ons omdat ons geneig is om te onthou wat verkeerd gaan eerder as wat reg verloop. Wanneer iemand vir ons vra hoe ons dag afgeloop het is dit baie maklik om heel eerste die dinge wat verkeerd geloop het op te noem. Ons sukkel om te onthou wat reg verloop het. Die goeie oomblikke van ons dag gly doodeenvoudig uit ons geheuebank soos ʼn gaar eier uit ʼn Teflon pan.
 
Dit is geen wonder dat ons so hard moet veg om ons lewensgeluk te behou en positief oor die lewe te voel nie. Die meeste dinge wat “verkeerd” gaan lê op ʼn emosionele of ongemak vlak, maar dit bedreig nie noodwendig ons lewe nie. Daarom is dit nie werklik so belangrik dat ons ʼn databasis van hierdie negatiewe stories hoef op te bou nie. Met ander woorde, dit is regtig nie nodig, of voordelig, om boek te hou van die kwaad nie.
 
Hoe nou gemaak met hierdie Velcro-eienskap van ons breine?
 
DIE ENIGSTE MANIER OM DIT TE BOWE TE KOM IS OM ʼn VERPOSING (pouse) IN TE BOU WANNEER IETS GOEDS GEBEUR, om regtig kennis te neem van die goeie oomblikke in elke dag. Maak seker dat jy jou koppie koffie geniet, sit vir ʼn oomblik agteroor en raak bewus van die reuk en die smaak. Maak seker dat jy soveel as moontlik sintuie by die proses betrek. Wanneer jy ʼn pragtige wolk in die hemelruim gewaar, verpoos ʼn oomblik en neem kennis, sê hardop vir jouself: “Sjoe dis ʼn mooi wolk.” Wanneer jy jou kind by die skool aflaai, maak seker dat daar ʼn oomblik se oogkontak is, sodat jy die moment kan onthou.
 
Vir my as onderwyseres beteken dit op ʼn praktiese vlak dat ek moet konsentreer op die kere wat die kinders saamwerk en deelneem in die klas, sodat ek nie dink dat dit nooit gebeur nie. As ma moet ek raaksien wanneer my tiener sy klere van die vloer af optel en in die wasgoedmandjie gooi of aanbied om vir my ʼn koppie tee te maak.
 
Ek daag jou uit om aan die einde van elke dag te probeer onthou hoeveel goeie, mooi oomblikke daar in jou dag was en dit neer te skryf of vir iemand te vertel. Op hierdie manier kan jy jou algehele gevoel van welwese aansienlik verbeter.
 
#whenlifehurts #asdielewedruk #counseling #coaching #vaardigvirdielewe
 
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Author

    I am a Grief Counselor & Self-care coach.  
    My practice is based in Fish Hoek, Kommetjie area in the Southern Peninsula. I see myself as part of the "caring tribe". People are my passion and I love working with people who value maintaining positive, respectful, loving relationships within boundaries of safety.

    RSS Feed

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • When Life Hurts
  • Fees
  • ADHD Parenting
  • Services
  • About
  • Contact