WHEN LIFE HURTS
  • Home
  • When Life Hurts
  • Fees
  • ADHD Parenting
  • Services
  • About
  • Contact
Heelword gebeur die beste wanneer 'n mens jouself in 'n veilige omgewing bevind. Reik uit, soek hulp.

VAARDIG VIR DIE LEWE 4: LÊ AS DIT NODIG IS OM TE LÊ

3/15/2019

0 Comments

 
“What you resist you get more of.” Dink bietjie mooi oor hierdie enetjie. Onthou nou, die konteks is jou fisiese en emosionele welstand.
 
WAARVAN EK HIER PRAAT IS OM WEERSTAND TE BIED TEEN ʼn BOODSKAP WAT JOU LIGGAAM OF EMOSIES VIR JOU PROBEER GEE.
 
Kom ons dink aan ʼn praktiese voorbeeld.
Jy is doodmoeg en voel lus om vroeg in die bed te klim sonder om vir jou gesin aandete te maak. Of jy wil ʼn hele Saterdag op jou bed lê en ʼn storieboek lees.
 
Ons eerste reaksie is gewoonlik – “DIT BEHOORT NIE SO TE WEES NIE, DAAR IS IETS FOUT.” Sê wie? Dit is die eerste vraag wat ek my kliënte gewoonlik vra. Kom ons dink bietjie...
 
Wie is die “kenners” vir wie ons toelaat om vir ons te sê wat reg en wat verkeerd is. Wat behoort te gebeur en wat nie. Wat “normaal” is.
 
Ek werk met te veel vroue wat verleer het om na hulle eie behoeftes te luister. Wat verleer het om hulle liggame te vertrou en te stop wanneer dit nodig is om te stop, te rus wanneer dit nodig is om te rus. Vroue wat een of ander erekode onder vrouens onderskryf wat sê dat ons eers al die ander mense rondom ons moet versorg voordat ons onsself versorg.
 
Liewe vrou, ek wil nou vandag vir jou sê dat dit waaraan jy nie aandag gee nie, hetsy emosionele- of fisiese ongemak, jou een of ander tyd gaan inhaal. Jou liggaam en jou gees hou telling en op ʼn dag dan het jy dit te ver gevat. DAN VERG DIT INTENSIEWE SORG (FISIES OF EMOSIONEEL) OM TE HERSTEL.
 
Daarom, LÊ AS JY MOET LÊ! Baie van ons is bang dat ons nie weer gaan opstaan wanneer ons gaan besluit om te gaan lê nie. In die meeste gevalle kan ek jou waarborg dat jy net sal lê totdat lê nie meer nodig is nie. Dit is wanneer jy weerstand bied, en nie gaan lê nie wat jou liggaam en gees die remme behoorlik aanslaan en dan verander moeg in siek en depressief.
 
MAG JY LEER OM NA JOU LIGGAAM EN EMOSIES TE LUISTER EN JOU BEHOEFTES AS BELANGRIK TE AG VOORDAT NOODSORG NODIG RAAK.

#whenlifehurts #asdielewedruk #counseling #coaching #vaardigvirdielewe
Picture
0 Comments



Leave a Reply.

    Author

    I am a Grief Counselor & Self-care coach.  
    My practice is based in Fish Hoek, Kommetjie area in the Southern Peninsula. I see myself as part of the "caring tribe". People are my passion and I love working with people who value maintaining positive, respectful, loving relationships within boundaries of safety.

    RSS Feed

    RSS Feed

Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Home
  • When Life Hurts
  • Fees
  • ADHD Parenting
  • Services
  • About
  • Contact